Metaalbok (astrologie)

辛未

Die Metaalbok (辛未, xīnwèi) is die agtste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die agtste Hemelstam (辛, xīn; die element Metaal en Jin) met die agtste Aardtak (未, wèi), gesimboliseer deur die Bok (羊, yáng).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaalbokjaar het in 1991 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 15 Februarie 1991 tot 13 Februarie 1992.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search